Hi my seuntjie, vandag verlang pappa baie na jou. Ek het dit sooo baie geniet so elke dag met jou te speel tydens ons vakansie, en nou moet ek weer by die werk sit en verlang. Ek hoor mamma sê jy het baie geval vandag, wel ongelukkig is dit maar deel van groot word en om te leer loop. Ek wens net ek was daar om jou elke keer te vang sodat jy nie vol blou kolle raak en seer kry nie, maar dit maak jou alles net sterker.
Dit reën nou vreeslik hier by die werk, ek nou verlang ek eers baie na jou. Ek wil maar net jou laat weet dat ek ongelooflik lief is vir jou, ek is trots om te sien dat jy so mooi groei en nou 'n regte klein seuntjie word. Dit het so vinnig gebeur, net "nou-die" dag was jy nog 'n babatjie, en nou speel jy al met jou karretjies!
Pappa kan nie wag dat jy groot genoeg is dat ons buite in die tuin kan bal skop en speel nie. Maar alles kom met tyd.
Joshua, ek is lief vir jou en pappa sien jou net-nou.
Monday, January 4, 2010
Pappa verlang!
Posted by Morné de Villiers at 3:33 PM
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
1 comments:
Ahhh Precious!! xx
Post a Comment