Jou eerste kersfees! En die einde van 2009... Sjoe my skat, kan nie glo hoe jy gegroei het nie, soveel dinge wat gebeur het, jy staan nou orals op, het al 5 tandjies en kruip die wereld vol! Jy het al so paar keer geval, bloedmond al 2 keer, bloukolle op die kop, maar dis mos maar deel van groot word se hulle. Dit maak jou sterk.
Ons was vir die eerste keer by die see, jy het sand geeet, in jou oe gevryf, in jou doek gehad, jou neus, jou ore, maar dit was lekker, jy het lekker op die sand gespeel en was bietjie bang vir die water maar darem nie te veel nie. Ons vakansietjie saam met jou was baie lekker, kan nie wag vir die volgende een nie!



Jou eerste kersfees is verby, jy het soveel mooi geskenke gekry!
Ons het lekker die nuwe jaar ingekuier by die oumas en oupas en jy was 'n engeltjie, soos altyd.
Mamma en Pappa is baie lief vir jou choppie!
1 comments:
Julle is 'n pragtige gesinnetjie!! Kanie glo hoe vinnig hulle grootword nie!
Post a Comment