Sjoe, mamma kon alweer van voor af swanger gewees het, ek kan dit nie eers indink nie! Jy is vandag 9 maande oud, tyd vlieg, maar dit sê ons altyd, maar dit is die waarheid!
Jy het op 20 Desember begin kruip op jou hande en kniee, jou tweede onderste tandjie (links) het op 4 Desember deurgekom, jou eerste bo tand (voor links) op 15 Desember, jou tweede ene op 21 Desember. Die tandjies weerskante van jou voortande skyn albei wit deur die vel en gaan een van die dae deurkom. En vandag was die eerste keer wat jy jouself opgetrek het tot op 'n staan posisie in jou kot!
Hier is 'n foto waar jy "kersvader" speel!

0 comments:
Post a Comment