Wednesday, July 15, 2009

Jou doop...

Mamma het jou doop uitnodiging klaar gemaak! Ek gaan kyk hoe ek hom gou kan opsit!

More moet ons gaan lap koop vir jou doop pakkie, ek wou graag hierdie een maak, maar ek kry nerens die patroon nie!!!


Nou gaan ek kyk om dalk hierdie een te maak, net sonder die hoedjie en baadjie (anders lyk dit te girlie)





Jou doop is die 2de Augustus, kan nie glo hoe die tyd vlieg nie!!!

Welkom aan die nuwe niggie!

Mamma se niggie, so ek weet nie regtig wat van jou nie, klein-niggie?


Welkom Lienka Steyn!!!

Thursday, July 9, 2009

Pap!

Wel, ek is nog in twee geskeur, die pediater sê, eers van 4 maande af, maar probeer uithou tot 6 maande, die kliniek suster sê niks pap voor 6 maande nie. Al die mamma's doen dit, so dis nou iets snaaks en nuut, en ons het probeer, maar ek hou dit nog by baie min, en ook nie elke aand nie, want ek wil dinge reg doen... So oor so 2 weke van nou af sal ek vir jou meer gereeld pappies gee, maar ek dink steeds nie elke dag nie. Op die stadium lyk dit nog nie vir my asof jy ekstra honger is nie, so die melkies doen nog sy ding.

Maar hier is jou eerste pap eet foto's!!!

Lekker sterk!!!


Tuesday, June 23, 2009

3 maande oud en 'n "photo-shoot"

3 maande oud presies!Vandag is jy 3 maande oud, ek kan dit nie glo nie en soos elke maand voel dit vir my of dit net vinniger gaan elke keer. Soms word ek wakker en verbeel my jy het oornag groter geword, dalk is dit waar, want dit voel so...

Jou laggies word meer, harder en baie spontaan, jy lyk nog altyd skaam as jy lag, dis die cuteste, die suig en lek is steeds daar, aan alles... Jy skop lekker met jou beentjies, swaai jou arms, en verkyk jou aan alles wat helder kleure het, jou ogies is baie wakker.

Vandag was ook DIE dag. Ek het myself elke keer belowe ek gaan jou afneem as jy in 'n nuwe pakkie klere of ietsie aangetrek is, sodat ek altyd kan onthou hoe jy in elke liewe kleeding stukkie gelyk het. Ek het dit nooit gedoen nie... Vandag was die laaste. Ek en jy het 'n hele photo-shoot gehad... Ek het elke stukkie klere (die wat ek nou al gebere het wat nou te klein is vir jou) aangetrek, en dit maak pas en jou afgeneem, die broekies sit dalk nie meer by jou kniee of enkels nie, meer om jou bo-bene soos 'n short, maar aangetrek het jy, selfs al was dit nou New born (3 maande oud in new born klere, wat 'n sport was dit nie!). Nou kan ek darem altyd onthou hoe het jy gelyk in die klere, al is dit bietjie kort en styf...
(In 'n new born pakkie ingedruk op 3-maande, gewoonlik het die broekie tot by jou kniee gekom!)

In die nagte slaap jy soos 'n droom, maar dis darem al so vandat jy 8weke oud is en deurslaap sonder 'n voeding en nou het jy al in die laaste week so paar aande in 'n ry geslaap sonder om eers te moan vir jou dummy, dan word jy eers hier by 4am of 5am wakker. Saterdag oggend het ons wakker geword met jou geluidjies oor die monitor soos jy 5:30 in jou kot le en jouself entertain, dit was baie snaaks. Ek was sommer so trots op jou, jy hoef nie te moan as jy wakker word nie, jy le en wag geduldig vir ons om jou te kom haal, tot dan speel jy sommer self... Een van die dae klim jy self daar uit en kom spring seker op ons bed... Mmmmmmm. Darem nog 'n rukkie toe ons daar kom....

Lekker groei my groot seun, Mamma is lief vir jou!

Thursday, June 18, 2009

En so groei ons...

Jy bestudeer jou vingertjies, wonder seker of dit regtig joune is en hoe werk dit nou eintlik?

Ons was gister weer vir jou volgende inspuitings en dit het baie goed gegaan, jy het amper nie eers gehuil nie, net 'n vinnige wwwweeee met die een en 'n langer wwwwwwweeeeeeeeeeee met die ander ene en toe is dit verby. Solank jou dummy in jou mond is dan vergeet jy wat gebeur...
Jy is nou al 12 wekies oud, ek kan dit nie glo nie... Jy weeg 5.67kg, is al 61cm lank en jou kop omtrek is 39.5cm. Alles nog mooi en goed op dreef volgens al die kaarte en groei-grafieke en dinge.

Ek en Pappa het vir jou 'n Bumbo-seat gaan koop die naweek, nou kan jy bietjie oefen om nog sterker in jou nek en ruggie te word, jy sit al te lekker in hom... Soos die foto wys.

Dan het jy ook nou begin om alles te suig en lek en in jou mond te sit. As dit nie jou dummy is nie, dan is dit jou vingers, as dit nie jou vingers is nie, dan is dit jou komberse of jou zips, of sommer jou vessies as mens jou aantrek. Te oulik dink ek.
Jou laggies en geselsies word net al hoe meer en al hou ouliker, selfs al is dit middernagtelike ure, maar jy word nie regtig meer wakker in die nag nie, moan net vir 'n bietjie omdraai en vir jou dummy, jy maak nie eers jou oe oop nie!!!

Ons is ampertjies op die 3 maande merk, kan dit nie glo nie, jy word te vinnig groot. Heeltemal te vinnig.

Liefde Mamma

Tuesday, June 2, 2009

Eerste verkoue!

En so kry jy toe jou eerste verkoue, ek het gister agtergekom jou neusie is lekker toe, jy slapies baie en hoes en nies en jou ogies traan heeltyd. Baie mense is nou siekerig en ons het kuiermense gehad oor die naweek (hulle is albei nou siek) en dis dan seker waar jy dit gekry het.

Ek dokter jou nou maar met stropies en hoop jy voel gou gou beter!

Ek het donderdag and vrydag klas in Midrand, maar as jy nie beter is nie dan gaan ek nie soontoe nie en eerder by jou bly. Ons sal iemand moet kry om jou op te pas dan. Daar gaan inelkgeval nie veel by die klas aan nie, hulle se vir jou net wat klaar in jou boeke staan en wat jy aandag aan kan gee. Bietjie boring.

Word gou gesond my goggatjie!
Mamma