Thursday, July 9, 2009

Pap!

Wel, ek is nog in twee geskeur, die pediater sê, eers van 4 maande af, maar probeer uithou tot 6 maande, die kliniek suster sê niks pap voor 6 maande nie. Al die mamma's doen dit, so dis nou iets snaaks en nuut, en ons het probeer, maar ek hou dit nog by baie min, en ook nie elke aand nie, want ek wil dinge reg doen... So oor so 2 weke van nou af sal ek vir jou meer gereeld pappies gee, maar ek dink steeds nie elke dag nie. Op die stadium lyk dit nog nie vir my asof jy ekstra honger is nie, so die melkies doen nog sy ding.

Maar hier is jou eerste pap eet foto's!!!

0 comments: