Monday, April 19, 2010

Kyk net hier!

Jou eerste paar treetjies was Saterdag 10 April, van daar wou jy nie weer vir ons wys nie en het eers Woensdag 14 April weer so bietjie vir Mamma gewys dat jy nie vergeet het hoe of dat ek my verbeel het jy loop nie. Van daar af het dit net elke dag en elke keer 'n bietjie meer geword, hierdie was Vrydag 16 April by oupa en ouma se huis geneem.

Jy se nou ook "ouma" "oupa" "hallo" (met 'n foon teen jou oor) "am" (Sam) "ka" (kla) en "kat" (wat partykeer nog bietjie verkeerd uitkom as "kak")

Dan het jou 9de tandjie gesny 18 April 2010, dis jou kiestandjie links bo. Sonder enige issues of slapelose nagte!

Mamma is so trots op jou!

1 comments:

Zeu said...

Monz, hy word te cute vir woorde :)

Mooi so groot Seun!