Sunday, July 19, 2009

Wil wil...

Jy begin nou neigings toon om te rol, van jou rug na jou maag. Dis so oulik... Veral op jou "changing" matrassie (ek dink omdat jy lekker grip het om daar vas te skop), jy kom so 3/4 pad al daar, en dink nog net so rukkie dan flip jy heeltemal om...

En dan sit jy nou al so bietjies bietjies sonder hulp, alhoewel jy baie vorentoe gehurk sit, maar jy sit. En as jy terug val dan trek jy jouself weer op, daai maagspiertjies moet seker lekker styf geoefen wees al!!! (Soms val jy terug net tot op die kussing waar ek jou regop laat sit, of selfs soms as jy plat neerval en le dan trek jy jou ook op!!!)

Ek sit jou so neer:


En dan trek jy jouself op as jy ietsie wil sien:


En so word ons heeltemal te vinnig groot!!!

Ek is baie lief vir jou my liefie dol...
Mamma

0 comments: