Friday, July 24, 2009

4 maande oud.

Jy is nou 4 maande oud, ek kan dit nie glo nie, en ek sou alweer moes begin werk het as ek gewone kraamverlof gevat het, sou dit verseker nie oor my hart kon kry nie, want jy is al so groot, maar nog te klein vir my om by 'n skooltjie te los... Sjoe!

Darem het ek nog so 7 weke saam met jou by die huis, dit gaan pret wees!

Ons het gister lekker foto'tjies geneem van jou, op jou "vermaanding"

Ek sit so paar op, dankie dat jy so mooi vir mamma "gepose" het, dit maak dit soveel makliker...





Darem wag ek nie meer 2 weke voor ek jou "vermaanding" aanteken nie, net een dag laat hierdie keer, kom ons kyk of ek dit volgende maand kan regkry!


Lief vir jou baie baie!!!
Mamma...
XXX

3 comments:

Zeu said...

Jou fotos is pragtig :) Kan sien hoekom jy Mamma so gelukkig maak.

Unknown said...

Jou foto's is stunning! Hy is die oulikste dingetjie!

Evelyn said...

Man, he is so cute Monz!