Thursday, February 10, 2011

22 Maande

Sjoe my engel, jy is so 'n besige, bedrywige klein lyfie.

Die tyd vlieg en jy is al amper 2, Mamma werk nog hard aan jou partytjie goedjies.
Ons gaan soveel pret hê!

Jy praat SO baie, "dinosaur" is jou nuwe woord! Anders gesels jy vreeslik baie, sê alles agter mens aan en maak lekker sinnetjies op. Dans en sing, die oulikste om te sien!

Jy is pragtig en ons is so lief vir jou!

22 Maande

Sunday, January 2, 2011

Kersfees 2010

Sjoe, wat 'n feestelike dag was dit nie! Ons was almal by Oom Jacques en Tannie Liez se huis (20 mense) en jou nuwe niggie "C".

Kyk hoe lekker was die dag!
Dankie vir al my persente!


Drukkies vir Kersvader 

Pappa help oopmaak 


Al die kinder gesiggies 

Ons het 'n heerlike dag gehad, so geseend, dankie Liewe Jesus vir U verjaarsdag wat ons weer kon vier. Dankie vir ons verlossing.

21 Maande.

Pragtige ding

Jy is al 21 maande oud en het jou tweede kersfees al gevier. Mamma kan nie glo hoe die tyd vlieg nie, dis skrikwekkend!

Jy word net oulike by die dag, soveel nuwe woordjies en sinnetjies. "Ek kan nie" "Dankie drukkie" "groen" (vir cream soda, jou gunsteling) Ag, soveel meer ek kan nie eers alles onthou nie. Jy brabbel soos 'n stoomtrein of vol spoed.

Jy noem vir Lucy die kat - "Sushi", Sam is steeds "Mam" en Alex is "Alice". 

Jy het op 30 Desember 2010 jou eerste pieps in die potjie gemaak en op 2 Januarie 2011 jou eerste poefie. Jy trek self jou broek en doek uit en gaan sit. Slimme kind. Dan gaan gooi ons die pieps uit in die groot toilet, spoel hom en waai "baai baai piepie" en jy klap vir jouself handjies en se: "mooi". 

Ons piepie saam met Woody en Buzz

Gooi die piepies in die toilet

Jy word net ouliker by die dag.

Ons is so lief vir jou.

Pappa en Mamma.
XXX

20 Maande.

Sunday, November 21, 2010

Pitta en Kokit

"Pizza"


"Chocolate"

Wednesday, November 3, 2010

Tuin Pret!

Lekker gespeel!!!

19 Maande!

Pragtig baba seun op 19 maande, wat meer kan mens nou vertel.

Jy is net die beste ding wat ooit met ons gebeur het, nuwe woordjies/sinnetjies: "Pappie eet" "Lig (GGGG) Aan" "Lig (GGGG) Af" "Alex - wat uitkom Alice" "Kappit - vir Stop dit" en "Eina" Mamma en Pappa is SO bly oor daai woordjie, want nou kan jy vir ons vertel as iets seer is!!!

Baie baie baie lief vir jou ons liefie pop choppie kind!