Sunday, January 2, 2011

21 Maande.

Pragtige ding

Jy is al 21 maande oud en het jou tweede kersfees al gevier. Mamma kan nie glo hoe die tyd vlieg nie, dis skrikwekkend!

Jy word net oulike by die dag, soveel nuwe woordjies en sinnetjies. "Ek kan nie" "Dankie drukkie" "groen" (vir cream soda, jou gunsteling) Ag, soveel meer ek kan nie eers alles onthou nie. Jy brabbel soos 'n stoomtrein of vol spoed.

Jy noem vir Lucy die kat - "Sushi", Sam is steeds "Mam" en Alex is "Alice". 

Jy het op 30 Desember 2010 jou eerste pieps in die potjie gemaak en op 2 Januarie 2011 jou eerste poefie. Jy trek self jou broek en doek uit en gaan sit. Slimme kind. Dan gaan gooi ons die pieps uit in die groot toilet, spoel hom en waai "baai baai piepie" en jy klap vir jouself handjies en se: "mooi". 

Ons piepie saam met Woody en Buzz

Gooi die piepies in die toilet

Jy word net ouliker by die dag.

Ons is so lief vir jou.

Pappa en Mamma.
XXX

0 comments: