Thursday, February 10, 2011

22 Maande

Sjoe my engel, jy is so 'n besige, bedrywige klein lyfie.

Die tyd vlieg en jy is al amper 2, Mamma werk nog hard aan jou partytjie goedjies.
Ons gaan soveel pret hê!

Jy praat SO baie, "dinosaur" is jou nuwe woord! Anders gesels jy vreeslik baie, sê alles agter mens aan en maak lekker sinnetjies op. Dans en sing, die oulikste om te sien!

Jy is pragtig en ons is so lief vir jou!

22 Maande

0 comments: