Sjoe my engel, jy is so 'n besige, bedrywige klein lyfie.
Die tyd vlieg en jy is al amper 2, Mamma werk nog hard aan jou partytjie goedjies.
Ons gaan soveel pret hê!
Jy praat SO baie, "dinosaur" is jou nuwe woord! Anders gesels jy vreeslik baie, sê alles agter mens aan en maak lekker sinnetjies op. Dans en sing, die oulikste om te sien!
Jy is pragtig en ons is so lief vir jou!
Thursday, February 10, 2011
22 Maande
22 Maande
Posted by Monzelle de Villiers at 2:43 PM 0 comments
Sunday, January 2, 2011
Kersfees 2010
Sjoe, wat 'n feestelike dag was dit nie! Ons was almal by Oom Jacques en Tannie Liez se huis (20 mense) en jou nuwe niggie "C".
Kyk hoe lekker was die dag!
Dankie vir al my persente!
Drukkies vir Kersvader
Pappa help oopmaak
Al die kinder gesiggies
Ons het 'n heerlike dag gehad, so geseend, dankie Liewe Jesus vir U verjaarsdag wat ons weer kon vier. Dankie vir ons verlossing.
Posted by Monzelle de Villiers at 1:00 PM 0 comments
21 Maande.
Pragtige ding
Jy is al 21 maande oud en het jou tweede kersfees al gevier. Mamma kan nie glo hoe die tyd vlieg nie, dis skrikwekkend!
Jy word net oulike by die dag, soveel nuwe woordjies en sinnetjies. "Ek kan nie" "Dankie drukkie" "groen" (vir cream soda, jou gunsteling) Ag, soveel meer ek kan nie eers alles onthou nie. Jy brabbel soos 'n stoomtrein of vol spoed.
Jy noem vir Lucy die kat - "Sushi", Sam is steeds "Mam" en Alex is "Alice".
Jy het op 30 Desember 2010 jou eerste pieps in die potjie gemaak en op 2 Januarie 2011 jou eerste poefie. Jy trek self jou broek en doek uit en gaan sit. Slimme kind. Dan gaan gooi ons die pieps uit in die groot toilet, spoel hom en waai "baai baai piepie" en jy klap vir jouself handjies en se: "mooi".
Ons piepie saam met Woody en Buzz
Gooi die piepies in die toilet
Jy word net ouliker by die dag.
Ons is so lief vir jou.
Pappa en Mamma.
XXX
Posted by Monzelle de Villiers at 12:46 PM 0 comments
Sunday, November 21, 2010
Wednesday, November 3, 2010
19 Maande!
Pragtig baba seun op 19 maande, wat meer kan mens nou vertel.
Jy is net die beste ding wat ooit met ons gebeur het, nuwe woordjies/sinnetjies: "Pappie eet" "Lig (GGGG) Aan" "Lig (GGGG) Af" "Alex - wat uitkom Alice" "Kappit - vir Stop dit" en "Eina" Mamma en Pappa is SO bly oor daai woordjie, want nou kan jy vir ons vertel as iets seer is!!!
Baie baie baie lief vir jou ons liefie pop choppie kind!
Posted by Monzelle de Villiers at 4:45 PM 0 comments
Subscribe to:
Posts (Atom)



