Sunday, October 24, 2010

Klik Klak!

Jy het regtig 'n "fascination" met skoene, as ons ons skoene uittrek dan bring jy dit terug, sit elke skoen by die regte voet neer dat ons dit weer moet aantrek. Al het ons soms skoene aan en daar le 'n ekstra paar, dan bring jy dit steeds. Mamma lief jou so baie!

Hier het jy bietjie besluit om Mamma se skoene te toets en jy was al klakkende in die huis rond.

Wednesday, October 6, 2010

Joshua, die escape artist...

Ja jong, ons het maar so ons eie manier probeer om jou uit die kombuis te hou.
Oupa het sommer vir ons 'n hekkie gemaak van my ou kot en dit het jou 'n wyle uit gehou, tot jy slim geraak het.

Kyk net:

Friday, October 1, 2010

18 Maande!!

Sjoe my bokkie, waar vlieg die tyd heen?
Jy is nou al 18 maande oud en word net ouliker by die dag.

Jy het gister (30 September) na die "pienk" klas geskuif by die skool, nou is jy nie meer 'n baba nie. Julle speel lekker buite, slaap nou op matrassies (nie meer in 'n kot nie) en eet mooi by tafeltjies en stoeltjies. Julle bou legkaarte, speel met klein, sing liedjies en doen bewegings oefeninge. En dan begin hulle julle ook "potty train" in hierdie klassie. Soveel dinge!!

Maandag gaan jy vir jou laaste inspuitings vir 'n hele rukkie, Mamma is so bly dit is nou verby!

Kyk hoe mooi lyk jy op 18 maande:


Friday, September 10, 2010

Brrrr-Tie

Joshua soek 'n broodjie...

17 Maande

17 Maande!!


Kyk hoe oulik tap jy water vir die woefe...

Jy is nou al 17 maande oud (wel, al amper 18 maande) en jy is lekker besig. Jy speel elke dag buite saam met die honde, in die grond en jy geniet dit vreeslik. In die aande is die bad lekker bruin van al die stof!

Jou woordjies word nou al hoe meer en jy probeer sê wat ons sê. En jy loop nie meer nie, nou hardloop jy!

Ons gaan amper weer vir jou laaste inspuitings vir 'n rukkie en dan sal ons sien wat jy nou al weeg.

Met jou refluks gaan dit baie beter, jy het maar nog so kuggie nou en dan, maar dis nie so erg soos dit altyd was nie en Mamma is baie dankbaar ons het by die regte dokter uitgekom.

Jy is net so oulik en ons besef elke dag dat jy lankal nie meer 'n "baba" is nie, jy is nou 'n seuntjie, te oulik.

Tandjies is steeds op 16 so ons kyk maar wanneer die laaste 4 uitkom, dink ons het nog 'n rukkie se "rus"

Jy slaap lekker op jou bed, dink dis lekker gemaklik vir jou met al die spasie...

Mamma en Pappa is baie lief vir jou!

Friday, August 20, 2010

My nuwe bed!

Jy is nou 'n groot seun en van Dinsdag aand af slaap jy nou in jou eie "groot" bed, Mamma is besig om jou kamer oor te doen in rooi, blou en denim... Jou beddegoed is nou al klaar, jou mure en gordyne bly dieselfde en nou moet ek net vir jou ander prentjies verf...

Nuwe bed


Slapies lekker

Oops!!!

Jy het jou boks pap in die hande gekry, dit was net TE stil in die huis!