Monday, July 27, 2009

Rufus en Dufus

Rufus

Dufus

Jou nuwe "slaap-maatjies" (To be clear, dis net Pappa wat sulke name kan uitdink....)

Friday, July 24, 2009

4 maande oud.

Jy is nou 4 maande oud, ek kan dit nie glo nie, en ek sou alweer moes begin werk het as ek gewone kraamverlof gevat het, sou dit verseker nie oor my hart kon kry nie, want jy is al so groot, maar nog te klein vir my om by 'n skooltjie te los... Sjoe!

Darem het ek nog so 7 weke saam met jou by die huis, dit gaan pret wees!

Ons het gister lekker foto'tjies geneem van jou, op jou "vermaanding"

Ek sit so paar op, dankie dat jy so mooi vir mamma "gepose" het, dit maak dit soveel makliker...





Darem wag ek nie meer 2 weke voor ek jou "vermaanding" aanteken nie, net een dag laat hierdie keer, kom ons kyk of ek dit volgende maand kan regkry!


Lief vir jou baie baie!!!
Mamma...
XXX

Wednesday, July 22, 2009

Sit al meer...

Jy sit nou al so mooi basies met amper geen ondersteuning nie... Vanoggend het jy nog gesit en toe ek weer kyk toe le jy op jou maag en speel met jou goggatjies...



Jy help sommer vir Mamma met al jou wasgoed!!



Ons sal sommer die naweek vir jou 'n jumper gaan koop, want jy wil ook net spring sien ek!!!

Sunday, July 19, 2009

Wil wil...

Jy begin nou neigings toon om te rol, van jou rug na jou maag. Dis so oulik... Veral op jou "changing" matrassie (ek dink omdat jy lekker grip het om daar vas te skop), jy kom so 3/4 pad al daar, en dink nog net so rukkie dan flip jy heeltemal om...

En dan sit jy nou al so bietjies bietjies sonder hulp, alhoewel jy baie vorentoe gehurk sit, maar jy sit. En as jy terug val dan trek jy jouself weer op, daai maagspiertjies moet seker lekker styf geoefen wees al!!! (Soms val jy terug net tot op die kussing waar ek jou regop laat sit, of selfs soms as jy plat neerval en le dan trek jy jou ook op!!!)

Ek sit jou so neer:


En dan trek jy jouself op as jy ietsie wil sien:


En so word ons heeltemal te vinnig groot!!!

Ek is baie lief vir jou my liefie dol...
Mamma

Wednesday, July 15, 2009

Jou doop uitnodiging!

Click to play this Smilebox greeting: Joshua se doop
Create your own greeting - Powered by Smilebox
Make a Smilebox greeting

Jou doop...

Mamma het jou doop uitnodiging klaar gemaak! Ek gaan kyk hoe ek hom gou kan opsit!

More moet ons gaan lap koop vir jou doop pakkie, ek wou graag hierdie een maak, maar ek kry nerens die patroon nie!!!


Nou gaan ek kyk om dalk hierdie een te maak, net sonder die hoedjie en baadjie (anders lyk dit te girlie)





Jou doop is die 2de Augustus, kan nie glo hoe die tyd vlieg nie!!!

Welkom aan die nuwe niggie!

Mamma se niggie, so ek weet nie regtig wat van jou nie, klein-niggie?


Welkom Lienka Steyn!!!