Friday, March 18, 2011

23 Maande


Sjoe, mamma was bietjie sleg met die "updates"

Jy is al (amper) 2 jaar oud en jou 23 maande inskrywing is nog agter.

Jy begin volgende week met "potty training" by die skool, maar jy gebruik al die potjie mooi by die huis!
Jou partytjie is om die draai, mamma kry nog al die laaste goedjies reg.

Jy was laas week weer in die hospitaal met longontsteking, jou refluks is bietjie wild, ons het na die trek (ja ons het getrek!) jou vir 'n week van die medisyne af gehaal om te kyk hoe jy reageer en jou bors het dadelik 'n sekondêre infeksie gekry. Jou pH telling is ook slegter as die vorige keer, 156 na 193 in 24 uur. Ons was gister by 'n spesialis en hy het gesê ons moet dit nog 6 maande gee op die medikasie, dan kyk hoe gaan dit en dan dalk probeer druk tot 3 jaar. 95% van Kinders ontgroei dit teen 3 jaar, kom ons hoop jy is een van hulle!

En dan word jy 'n ouboet oor so 8 maande van nou af, jou boetie of sussie groei hier in mamma se pensie en ons kan nie wag om hom of haar te ontmoet nie. Ek weet jy gaan 'n baie goeie ouboet wees!

Hospitaal

By ons nuwe swembad!

Lekker in die modder

Heerlike skuimbad saam met Pappa

Waar is Joshua???

Ampertjies 2 jaartjies, mamma skryf gou weer!

Lief vir jou

0 comments: