Vandag ry ons op vakansie boeta, dis jou eerste see vakansie, ons kan nie wag om te sien hoe jy gaan speel in die sand nie. (Hoop maar dit bly uit die oë en mond en hare...)
Jou boonste tandjie is oppad (lyk of altwee so saam-saam oppad is), so jy slapies maar nog nie baie lekker in die aand nie, maar ek gee nou vir jou tee deur die nag, jy kry jou melk eers in die oggend. Jou oortjies is nou beter, dit dreineer ook nie so baie nie. Die dokter was baie gelukkig met hoe dit nou is, hy sê alles sit waar dit moet sit en dit lyk gesond. Gister was ons ook vir jou masels inspuiting, daar is darem nog geen teken van newe effekte nie, maar ons hou dit dop. Jy weeg nou 7.945kg, is 74cm lank en jou kop omtrek is 43cm. Jy is BAIE woelig, jy seil nogsteeds op jou maag, maar jy is blitsig vinnig... As ek sien dan is jy by my voete, of ek nou in die badkamer of kombuis is, jy sal by my uitkom, so ons wag net dat jy jou beentjies begin optrek, maar vir alle tegniese doeleindes is jy totaal mobile...
Verder is jy nogsteeds ons engeltjie en ons is baie lief vir jou!
Friday, December 11, 2009
Vakansie tyd!!!!
(Hier is jy in die hospitaal net voor jy in die teater in is met jou grommets):
Posted by Monzelle de Villiers at 8:16 AM
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
2 comments:
Geniet jou eerste see vakansie Josh! lekker speel!! xx
Oh that picture just breaks my heart in two.
Enjoy your holiday hun
XXXXX
Post a Comment