En daar is dit nou, jou eerste tandjie op 7.5 maande. Jy was maar moeilik die naweek en ons kon nie regtig uitwerk wat is fout nie. Ek het nog gister in jou mond gekyk en daar was geen teken van 'n tandjie nie, niks was rooi of opgeswel nie. Maar vandag toe ek jou groentetjies vir jou gee toe sien ek, daar sit hy! 'n Kleine klein tandjie, regs onder. Dit lyk my hy het al die vel gesny, en as ek met 'n lepeltjie tik dan maak hy 'n kliek kliek geluid. Jy sukkel maar om te drink, so ek gee jou prodol net om die tandvleis bietjie te verdoof, dit klink maar seer as jy huil en ek gee jou ook bietjie panado vir die pyn. Geluk my bokkie, jou tandjie is hier! Mamma is so trots op jou!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
0 comments:
Post a Comment