En hoe vlieg die tyd nie! Dis nogal toevallig weer op 'n maandag, ek het wakker gele vanoggend tussen 3:50 en 4:10 ('n rondloper kat het besluit om in ons huis te kom speel saam met Lucy) en het terug gedink aan die oomblik toe jy gebore is, 4:07 op 'n maandag oggend. Ek sal dit nooit vergeet nie. Jy is nou al baie meer mobile as laasweek toe jy begin seil het, seil nou al te lekker op jou maag rond, baie vinnig en jy "gesels" 'n hond uit 'n bos uit. (Dit was nou vir lank Pappa, Baba en Mamma, en nou is dit dada...) En jy skud jou kop deesdae asof jy nee se vir alles (soms se jy nee)! Die tandjie "groei" ook mooi en jy word ook net al hoe groter, mamma kan sien die volgende ene is oppad, maar dit lyk darem nie of dit jou te veel omkrap die keer nie! Jy is vandag ook op na die groter klassie toe by die skool, dit klink my dit het ook goed gegaan en jy het maar net lekker gespeel, niks kan jou tog omkrap nie! Jy is die soetste ding! Ons is so lief vir jou!
(Tandjie na 2 weke se groei)
0 comments:
Post a Comment