Ooooooooo, ons het lekker bederfies gekry die naweek vir jou! So baie mooi kleertjies, teddy's en allerhande goedjies vir jou kamer. Spesiaal gemaakte goedjies, 'n pragtige liggie, 'n duvet vir jou kot, 'n kombersie vir jou wiegie en 'n spesiale "tjallie" wat jou oupa se "tjallie" was, hy is dus 44 jaar oud en lyk nog asof hy splinternuut is! Dit was my "tjallie" ook gewees, ek het dit nooit eens geweet nie, dit is baie spesiaal!
Ek en Pappa gaan hierdie naweek al die laaste goedjies koop wat ons nog nodig het, so paar dingetjies in die kamer moet ook nog klaargemaak word en my en jou sakke moet nog gepak word, maar ek glo (en hoop) dat teen volgende naweek alles klaar sal wees. Dan kan ons maar net wag totdat jy besluit dis nou tyd om die wêreld te kom welkom heet!
Ons gaan Woensdag ook weer dokter toe, dan is ek 36 weke, so daar is nie meer baie tyd oor nie, ek dink ons sal dan hoor wat dink die dokter, dink hy jy kan dalk vroeer kom as verwag, of dalk later?
Ampertjies boetman, ampertjies, 29 dae...
Ons sien jou een van die dae!
Liefde Mamma!
0 comments:
Post a Comment