Thursday, February 12, 2009

"40 days" my besige bytjie...

Kyk, vandag is jy 'n regte "rolly-polly", want dit voel vir my jy rol die kant toe, dan daai kant toe, dan terug die kant toe, dan weer daai kant toe. Jy is lekker besig vandag mannetjie, maar soos altyd, geniet ek dit elke sekonde! Elke strek, elke skop en elke kielie is vir my HEERLIK!

Ek het ook met jou gordyne begin darem (UITEINDELIK!!) Ek het gisteraand een gordyn se buitekant darem aanmekaar gesit, nou moet ek net die soompies doen en dan die lining agter sit, dan kan hy darem al hang. Dan nog ene... En dan natuurlik die blind en kantgordyn, maar dis sonder tierlantyntjies, so dit behoort baie vinniger te gaan. Ons het jou bad al gekoop, hy staan sommer klaar reg in die badkamer en dan het ons so paar klein dingetjies in die kamer oor, dan kan jy maar intrek!

Vanaand is daar weer voorgeboorte klasse by die hospitaal, die klassie vanaand gaan basies vir die pappa's wees. "Pa-word" is die klassie se naam, ek dink dit gaan vir jou Pappa lekker wees om te luister wat hulle alles vir hom gaan vertel. Ek wonder nogal wat gaan hulle alles vertel??...

Ek het gister my boeke gekry vir my eerste jaar as universiteit-student, gits, maar ons pak baie dinge aan hierdie jaar. Ek dink ek en jy gaan nog lekker sit en swot so in die komende maande, maar ons kan dit doen!

40 daggies oor Boetie seun, 40 daggies, maar ek dink jy gaan vroeer besluit om op te daag, ons sal maar sien ne!?

Lekker rond rol!

Liefde
Mamma

0 comments: