Friday, February 6, 2009

2.2kg's

Maar jy is 'n fris meneertjie al op hierdie stadium!

Ons was vanoggend weer by die dokter en jy weeg nou net so ampertjies 2.2kg's (2.173 om presies te wees, maar ek dink 2.2 klink beter... he he he)

Jy le mooi reg, jou voetjies is hier by my regterkantste ribbes en jou lyfie (soos ek kon uitmaak) is mooi vorentoe na ons gedraai. Hartjie klop sterk en verder lyk alles perfek. Volgens jou koppie se omtrek is ons so bietjie voor in groei, 35 weke, so jy gaan 'n ou slimmert wees!!

Tydjie raak nou min, so ek dink ek moet bietjie alles in orde begin kry!

Een van die dae.....

Mamma

0 comments: