Is jy 'n skamer'tjie? Almal wil voel hoe jy bietjie skop en woel, maar jy lê so stil as hulle voel....
He he he, maar as dit net ek en Pappa is, dan maak jy allerhande akrobatiese bewegings hier binne, ons kan partykeer lekker lag vir al jou strek mannewales! Dalk herken jy die stemme om jou?
(Maar kan ek jou 'n geheim vertel? Ek is seker 'n bietjie suinig, maar ek geniet dit dat ons jou nog net vir onsself het... "skuus res van die familie...")
Net 8 wekies oor my boetie-by, een van die dae kan ons jou sien woel!
Liefde
Mamma
Tuesday, January 27, 2009
Skamer'tjie?
Posted by Monzelle de Villiers at 8:48 AM
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
0 comments:
Post a Comment