Wednesday, January 7, 2009

Jou 4D

Hallo bulletjie


Sjoe maar dit was wonderlik om gister jou ou gesiggie te sien!! Ons het vir ons 4D gegaan en ek is so trots op jou dat jy so mooi gelê het dat ons jou gesiggie kon sien, alhoewel jy jou voetjies vir ons weg gesteek het ;-) Dit was 'n mooi geskenkie vir mamma op haar verjaardag.

Jy is 'n pragtige klein seuntjie en jy lyk baie gesond. Ek en mamma het hard gewerk die Desember om jou kamer reg te kry, maar sweet en baie moeite....maar met meer liefde! Ek raak regtig opgewonde om jou te sien en in my arms vas te hou, ons is al klaar soooo lief vir jou en kan nie wag om jou 'n soentjie en 'n drukkie te gee nie.

Liefde

Pappa


Video:





Fotos:





















































0 comments: