Wednesday, January 14, 2009

Dink aan jou...

Ag my baba seuntjie, ek kan nie ophou om na jou 4D fototjies te kyk nie! Ek het seker al 1000 keer gekyk na elke een, elke gesig trekkie, elke gaap, elke vingertjie. Ek is klaar sooooooooo lief vir jou, ek dink my hart gaan bars! Vandag is een van daai dae waar dit net so oorweldigend is vir my, ek kan nou nog nie glo dat jy spesiaal vir ons oppad is nie, en met elke skoppie en stampie dan weet ek, jy kan ook nie wag om ons te ontmoet nie. Ek belowe jou ons gaan ons beste doen om vir jou net die beste te gee en seker te maak jy het oorgenoeg liefde en alles wat jy nodig het! Hier is tonne liefde wat vir jou wag, van ALMAL, oupa's, ouma's, oupa grootjies en ouma grootjies, ooms en tannies. Niemand kan meer wag om jou te ontmoet nie. Jy is vir ons klaar so spesiaal!

Ek het baie scrapbook goedjies en seuntjie dinge vir jou gekoop die week, Mamma wil graag vir jou 'n scrapbook bymekaar begin maak met al jou scan foto's en goedjies. Ek sien baie uit om te begin om dit vir jou te doen, dis nou eers wanneer ek klaar jou prentjies teen jou kamer muur geverf het en jou gordyne gemaak het. En dit is natuurlik eers nadat ek die hele huis se filing agtermekaar het (ek het vir Pappa belowe ek maak dit eers klaar! he he he)

Jy woel lekker die laaste paar dae, ek dink jou spasie is nou min, maar jy kan nog 'n lekker skop inwerk, Pappa sê jy is besig in die aande as hy my maag vashou, maar ek slaap so lekker, ek voel dit nie eers nie. Dit hou my glad nie wakker nie! Lekker woel ou Snipper! Ons gaan weer vrydag vir jou loer by die dokter, kan nie wag om weer jou gesiggie te sien en te kyk hoeveel jy gegroei het nie!

Liefde Mamma.

0 comments: