Vandag is ek al 25 weke swanger, ek kan nie glo hoe die tyd vlieg nie! Nie meer baie lank nie dan word jy al gebore!
Ons gaan weer bietjie môre vir jou kyk by die dokter, ek is nogal nuuskierig om te sien hoe jy al gegroei het en veral om te weet hoeveel jy weeg, want jy is darem al lekker besig jong! Skop my alle kante toe, maar dis darem nie seer nie, dis eintlik lekker! Pappa voel jou elke dag en ons sien jou nou al baie beweeg as ons my maag dophou. Jy is veral besig vroeg in die oggende, terwyl ek werk toe ry en dan so laat middag tot omtrent 10 uur in die aand. Dan speel ons jou musiek vir jou en jy raak rustig...
Ons gaan die naweek verf soek vir jou kamer en ook jou "pram" en kar stoeltjie koop, ons wil ook kyk om jou kot en kassie vir jou kamer te bestel! Mamma het SO baie rond gesoek vir die beste prys, ek kan eintlik nie wag om dit nou te gaan koop nie, ek dink jy gaan nogal daarvan hou!
Jou tannie Miekie kom my help volgende week om jou kamer te verf en jou gordyne te maak, ek kan nie wag nie, ek werk nog net tot hierdie vrydag dan is ek met vakansie, so ons kan lekker werk die hele week, tot dit klaar is! Ons wil dit 'n baie sagte blou/grys maak, met sulke wolkerige/sterretjie tema... Dis nogal moeilik om te beskryf, maar al die idees is in my kop! Sagte kleure en klein baba liggies in die dak, sagte gordyne en mooi geverfde mure met 'n hout raampie om wat dieselfde kleur as jou kot en kassie gaan wees. Dan pas alles mooi bymekaar...
Hier is 'n idee van wat ek in die kamer wil verf, die tema gaan alles hierby pas:
Ag ons sien so uit dat jy gebore moet word klein Snippie kind, tyd raak nou min!
Liefde
Mamma
Tuesday, December 9, 2008
25 weke, môre en jou kamer...
Posted by Monzelle de Villiers at 1:36 PM
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
0 comments:
Post a Comment