Wednesday, December 3, 2008

Hallo Joshua

Hi my seun

Jammer pappa was bietjie stil die afgelope tyd, dit is maar harde werk om jou eie besigheid te begin. Jy sal nog sien eendag, alles wat die moeite werd is verg maar harde werk.

Ja, soos mamma genoem het, ons was lekker uit 'gebowl' die dag toe ons hoor jy is oppad, ek kan nie eers onthou wat ek geëet het nie, ek het net geweet jy is oppad......en ons het al geweet jy is 'n seuntjie 2 jaar nog voor mamma swanger geword het.....liewe Jesus het vir ons gesê.

Ja, jy word alhoe sterker deesdae en ek geniet dit vreeslik om te voel hoe jy woel binne mamma.
Ek gesels nou so lekker ek het eintlik vergeet wat ek oorspronklik wou gesê het ;-D

Jy moet mooi groei en nog sterker word, pappa is baie trots op jou omdat jy so mooi gegroei het tot nou toe en ons is baie lief vir jou.

Liefjou
Pappa

0 comments: