Kyk hoe mooi klap jy handjies! (Terwyl Mamma bestuur, hulle sê 'n vrou kan meer as een ding doen, jou entertain, bestuur, saam jou handjies klap en jou afneem!)
As ons hoes, dan hoes jy ook, asof jy nou VERSKRIKLIK siek is ewe skielik!
Jou 6de tandjie (regs bo, langs die voortand) het ook sy opwagting gemaak, ek het hom gister vir die eerste keer gesien, maar ek dink hy het al 'n dag of twee vroeër gesny, jy was net te skaam om dit te wys, so ek teken tand 6 aan as: 2 Februarie 2010.
Jou partytjie uitnodiging is klaar en Mamma sal later wys hoe lyk die finale produk!
Lief vir jou gogga!
1 comments:
Ag nee man, dis te cute!!!!! jou oulike ding!
Post a Comment