Soos altyd 'n dag laat, maar nie te min, dis hier. Jy is 7 maande oud, 30 weke en 4 dae (ja ek tel), ek kan dit nie glo nie. Tyd staan vir niemand stil nie. Nie eers vir 'n oulike ou babie soos jy nie. Ek wens ek kan elke oomblik vries, want dit is so kosbaar!
Jy groei lekker, eet lekker (eindelik ook my tuisgemaakte disse en vleisies), speel lekker, sit mooi, begin nou al neigings toon om te kruip, draai alle kante toe - maag na rug en anders om, die hele vloer vol, draai al in die rondte op jou maag, lag lekker, gesels vir 'n vale, draai sommer heeltemal om in jou kot en slaap op jou maag, druk steeds alles in jou mond (maar ons wag nog vir die tande), vat mooi vas en wissel items tussen jou hande, alles wat jy moet doen doen jy. Dan is jy ook nou al "groot" genoeg om te besluit het jy is klaar met borsvoed, uit jou eie, was nogal 'n skok vir my om te besef so klein soos jy is kan jy al klaar jou eie besluite maak. So nou melk ek maar uit en gee vir jou in bottels, jy het blykbaar nie 'n probleem met die melk nie, maar is groot genoeg om nie meer aan Mamma te drink nie, dalk is dit ook beter so, want as dit net aanhou sou ek seker nooit wou ophou nie. Dit was 'n spesiale "bonding" tussen ons en ek sal dit altyd koester en darem voel ek dat ek nog "sorg" vir jou en as alles goed gaan sal ek aanhou so tot jy 'n jaar oud is. Kom ons hoop ek hou uit! Dit gaan baie goed met jou in die skool, mens kan sien jy het al daai tannies om jou pinkie gedraai, hulle is baie lief vir jou en jy is baie soet daar. Die swem maak ook klaar volgende week, dan was dit 6 weke se swem, kan nie glo nie, ek dink ons sal so bietjie 'n breek vat tot jy nou weer groter is voordat ons die volgende kurses aandurf.
Anders is jy net 'n engel, soos altyd en ons word net liewer vir jou by die dag, jy is ons ou sterretjie. Ons is baie lief vir jou!
Mamma en Pappa

3 comments:
Dis 'n pragitge foto Monzelle. En hy klink of hy 'n baie slim knapie is. Klink ook of Mamma en Pappa 'n baie goeie job doen.
Monz die fotos wat jy neem is stunning! Wens ek kon myne kry om stil te sit :)
Hy is pragtig dolla :)
Een van die dae gaan jou hande vol wees as hy eers begin kruip.
Te kosbaar vir woorde :)
Mwah
Dankie dollas! Ag hy is so engeltjie, en ja die beentjies begin vorentoe stoot, een van die dae! Ek kan eintlik nie wag nie (oi, weet ek wat ek sê??)
Post a Comment